J.M. Gilfillan

J.M. (Rita) Gilfillan het ‘n meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Daarna word sy dosent in Afrikaans by Universiteit Durban-Westville waartydens haar eerste bundel, Van stiltes en stemme (1991) verskyn. Dit word bekroon met die Ou Mutualprys vir Debuutwerk en ontvang ook ‘n toekenning van die F.A.K. Daarna volg Die vrank smaak van frambose (1993), gevolg deur Die verhaal van ‘n vrou, ‘n leeu en ‘n hoenderhen (1995). Daarvoor kom sy 3de naas Ingrid Winterbach en Andre P. Brink in Ou Mutual se toekennings vir romans. Pouoogmot volg in 1997 en Glas in 2007.