Johannes van Eeden

Johannes van Eeden is ‘n komponis, digter en entrepreneur. Hy het musiek en tale aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en wen verskeie eerste pryse in komposisie, maar onderbreek sy studies om van loopbaan te verander. Voor Johannes die tegnologie-dienstegroep Humanstate in 2001 stig, begin hy ’n bemarkings- en verspreidingsmaatskappy met verteenwoordiging in 16 lande, sowel as ’n voorste kontemporêre musiekorganisasie en werk verder as joernalis en aan die Universiteit van Suid-Afrika. Johannes bly sedert 2009 in Villars-sur-Ollon, Switserland.