Marlize Hobbs

Flarde verower in 2006 die Eugène Marais-prys en in dieselfde jaar word die Universiteit van Johannesburg-prys vir debuutwerk en die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse prosa ook aan hierdie boek toegeken. Marlize Hobbs is ook die skrywer van Score my ‘n Gwai en ’n digbundel, Suitcase vol sterre. Marlize is verder benoem vir ‘n Kyknet/Rapport Filmprys vir Score my ‘n Gwai.