Nini Bennett

Nini Bennett behaal haar MA-graad in Skeppende Skryfkuns met lof aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale Stoornis, wat in 2003 bekroon word met die UJ-debuutprys. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans, en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in elf amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks verskyn in 2011 en Boekstaaf in 2015. Sy woon in Kaapstad. Donkerwerk is haar derde digbundel.