Annelie Botes

“My dinkgoed het deurmekaar geraak,” sê Annelie Botes. ’n Aantal jaar gelede het ’n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was ’n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy kén: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Tussenin lees ons ook hoe die tóé al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriël aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg dié twee saam. Swart op wit nooi die leser op ’n sonderlinge reis van liefde, smart en boetedoening.


 

André Pretorius

André Pretorius het sy eerste treë op Marble Hall in Limpopo gegee, maar sedertien ver genoeg geswerf om homself “reisskrywer” te noem. In ‘n vorige lewe was hy ‘n buitelandse verslaggewer vir Suid-Afrikaanse koerante en radiostasies. Sy twee bundels reissketse, Iets ver en nuut en Eilande en enklaves, is goed ontvang. Hy het oor die laaste twintig jaar in Londen, Brussel en Hongkong gewoon en is tans tuis in Cambridge, Engeland.


 

André de Villié

André de Villié was ‘n skeikundige by die destydse Departement Landbou, tegno-ekonoom by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad en professor in strategiese bestuur aan die Universiteit van Pretoria. Hy is mede-outeur vanTincture – passing the buck and bucking the system, wat stelsel-agteruitgang in Suid-Afrika onder die loep neem. Hy is ‘n aktiewe dendroloog.


 

Amos van der Merwe

Amos van der Merwe het vroeg afgetree om hom voltyds toe te wy aan skryfwerk. Sy kortverhale en artikels het al in ‘n verskeidenheid tydskrifte verskyn en van sy verhale is in verskillende bundels opgeneem. Vital Remains is sy 8ste boek en sy 3de biografie.


 

Amore Bekker

Amore Bekker is ‘n Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, skrywer, MC en rubriekskrywer. Sy was voorheen die gasvrou van Tjailatyd, ‘n Afrikaanse radioprogram uitgesaai deur RSG die Afrikaanse Radio Diens van die SAUK. Sy is tans die gasvrou van alhoebekker van 9 tot 12, Maandae tot Vrydae op RSG.

As skrywer het Bekker haar eerste kookboek (Tjailaresepte) gepubliseer in Junie 2010 deur Naledi. Vanaf Julie 2010 skryf sy ook ‘n kolom vir die Afrikaanse vrouetydskrif Finesse.


 

Albert Alberts

Albert Alberts het sy MBChB met lof geslaag en sy doktorsgraad voltooi oor borskanker in bejaarde vroue. Sy opleiding as ’n geneesheer het hom in aanraking gebring met al die spesialiteitsareas wat nodig is om evolusie te verstaan en aan die algemene leser te kommunikeer. Dit sluit genetika, vergelykende anatomie, embriologie, nuwe paleontologieseondekkings, en molekulêre biologie in. Hy is die outeur van meer as 40 nasionale en internasionale publikasies.


 

Adam Small

Adam Small was born in Wellington, Cape, 21 December 1936. Married to Dr Rosalie Small (nee Daniels). Grew up until 8-9 years old in Goree, a hamlet on the Cape Town side of Robertson in the Boland, where his father was a schoolmaster to the farming communities in that countryside. In 1945, the family moved to the Cape Flats, where again his father was schoolmaster, this time for the Cape Flats children of Retreat – Steenberg. Small grew up rather staidly Dutch Reformed, but his mother was Muslim by birth, and his senior secondary education entirely Catholic.


 

Abel Pienaar

Abel Pienaar

Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a. die geloof waarmee ek groot geword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek. Hier­mee wil ek medesoekers en vrydenkers help om ook op hulle eie spiri­tuele reis te kan gaan. En al wat van elkeen op hierdie avontuur gevra word, is om altyd krities te dink en nooit hulle harte stil te maak nie. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie van die lewe. En of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel, bid of mediteer, hiernamaals of hiernoumaals. Kom ons poog om nuwe maniere van dink, praat en beleef te vind.”