Wium van Zyl

Hermans is aangewys as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu. Nooit meer slaap nie is een van sy beroemdste romans en steeds ‘n treffer. • Dit gaan om ‘n student se spannende en selfs lewensgevaarlike navorsingstog in die nagenoeg onbewoonde Finnmark, die noordelikste gebied van Noorweë. Hy slaag mettertyd daarin om die vernaamste fisieke struikelblokke te oorwin, maar die noodlot en ironie bly op sy spoor. • Die boek neem die leser na een van die onherbergsaamste gebiede op aarde asook na onverkende vlakke van die menslike gees waar vrae veel magtiger is as oplossings. • Dit is ‘n toeganklike roman met diepte, vir die fynproewer. Die vertaler, prof. Wium van Zyl, het verskeie toekennings ontvang vir sy werk as Neerlandikus en brugbouer tussen Afrikaans en Nederlands. In 2011 ontvang hy ’n oorkonde van die ATKV vir die bevordering van Afrikaans en in 2014 word die Van Riebeeck-penning deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging in Amsterdam aan hom toegeken as brugbouer tussen Suid–Afrika en Nederland.


 

Willie Esterhuyse

Willie Esterhuyse is emeritus-professor, Universiteit Stellenbosch en het verskeie toekennings ontvang, waaronder ere-doktoraat (US) en RSA Orde van Luthuli (silwerklas). Boeke uit sy pen sluit in Afskeid van Apartheid (1979), Eindstryd. Geheime gesprekke en die einde van Apartheid (2012), Die Tronkgesprekke. Nelson Mandela en Kobie Coetsee se geheime voorpunt-diplomasie (2018), in samewerking met Gerhard van Niekerk. Hy woon in Stellenbosch.


 

William Oosthuizen

William Oosthuizen is ‘n kortverhaalskrywer en dramaturg, met verskeie radiodramas wat reeds oor RSG uitgesaai is. Twee van sy kortverhale is gepubliseer, een as naaswenner van die SA Writer’s College se 2010 kortverhaalwedstryd en die ander as finalis van die 2011 Pen-Africa Studzinski Literêre Toekennings wat deur JM Coetzee beoordeel is. Gedurende 2012 is sy radiodrama ONS GAAN HUIS TOE aangewys as die wendrama in die RSG/Sanlam radiodrama kompetisie en is gedurende 2013 oor RSG uitgesaai. Verder is een van sy kortverhale – getiteld Board and Lodging – gedurende 2014 verwerk as ‘n kortfilm. Nog twee van sy radiodramas is gedurende 2017 en 2018 op RSG uitgesaai en ’n vierde van sy dramas word gedurende November 2019 uitgesaai.

William Oosthuizen is a novelist and dramatist, with several of his dramas having been broadcast on national radio. The Lady with the Dog is the his English language publication of his debut novel Die Dame met die Hondjie which appeared during 2019.


 

Willem S. Van der Merwe

Willem S. Van der Merwe was 24 jaar oud toe sy debuutbundel, Sondig, in 1985 die lig gesien het. Hierdie is sy tweede bundel. Hy woon en werk tussen Suid-Afrika en Hong Kong, waar hy ‘n videoproduksiebesigheid bestuur.


 

Wilhelm Jordaan

Wilhelm Jordaan is sedert sy aftrede ’n buitengewone professor in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria, en skryf die afgelope 33 jaar elke Woensdag ’n koerantrubriek in Beeld, en meer onlangs ook in Die Burger en Volksblad. Hy is ook skrywer/mede-skrywer van talle wetenskaplike boeke en artikels, populêr-wetenskaplike publikasies; asook ’n seksvoorligtingsboekie vir kleuters saam met Ferdinand Deist (Mamma, was ek eers ‘n bobbejaantjie? ); en ‘n Digbundel (Digterby).


 

Wendy Maartens

Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en bekroonde kinderboekskrywer met 14 titels op haar kerfstok waarvan sommige in vier inheemse tale vertaal is. Wendy het ’n hart vir diere. Sy het ook n passie vir ons Suid-Afrikaanse legendes, ou rympies, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulself te bemagtig. As sy nie skryf nie, maak sy tuin, skilder, graveer op klip, speel kitaar of boemel al met die agterpaaie langs.


 

Wannie Carstens

Prof WAM (Wannie) Carstens is sedert Julie 1991 verbonde aan die Noordwes-Universiteit, (Potchefstroomkampus) waar hy tot einde 2016 die direkteur van die Skool vir Tale was. Hy is ten nouste betrokke by aktiwiteite wat Afrikaans raak (op beide akademiese en organisatoriese vlak), onder andere as stigterslid en eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Hy was ook voorsitter van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA), van die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en van die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum. Hy dien reeds lank as direksielid van die Buro van die WAT en is ’n lid van die Raad van die Universiteit Stellenbosch. As gegradeerde NNS-navorser is hy die outeur van twee akade­miese boeke as alleenouteur en van twee as mede-outeur. Verder is hy ook mede­­redakteur van Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (2014, 2017), ’n handboek oor die moderne Afrikaanse taalkunde. ’n Tweedelige boekereeks oor Die storie van Afrikaans (saam met Edith Raidt) word onderskeidelik in 2017 en 2018 gepubliseer. Hy is medeverantwoordelik vir die totstandkoming van die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse poësie in die Poëziecentrum in Gent, België en hy was ook betrokke by die sluit van verskeie uitruil- en samewerkingsooreenkomste met universiteite in die Lae Lande. Hy is in 2014 deur die ATR bekroon met ’n Kokertoekenning vir sy werk vir die Bevordering van Afrikaans.


 

Tobi Jooste

Tobi Jooste is bekend as sanger, skrywer, TV-aanbieder en sakeman. Hy het vyf albums en ’n DVD op sy kerfstok. Hy is direkteur van sy eie maatskappy en tree gereeld as sanger en motiveringspreker op. Hy het ʼn passie vir reis en kook. Tobi is tans die boeke- en kosredakteur van Bloss Tydskrif.

Tobi Jooste is well known as a singer, writer, TV presenter and businessman. He has five albums and a DVD on his record. He is a founding member and director of his own company and regularly performs as singer and motivational speaker. He has a passion for travel, and cooking. Tobi is currently Bloss Magazine’s food and book editor.