Philip Spies

Philip Spies is professor-emeritus in Toekomsstudies, en is steeds betrokke by die onderrig van nagraadse studente in dié vakgebied. Hy is `n lid van die World Futures Studies Federation (WFSF). As Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit van Stellenbosch was hy deurlopend betrokke by scenariobeplanning en langtermyn-omgewingsverkenning vir ongeveer 50 groot maatskappye en owerheidsinstellings in Suid-Afrika. Tussen 1983 en 1984 het hy `n projek bestuur vir die Natalse Streeks- en Stedelike Beplanningskommissie oor die toekoms van Natal en KwaZulu. Hierdie projek het uiteindelik die 1984- Ulundi-ooreenkoms opgelewer wat tot die Natal/KwaZulu Indaba aanleiding gegee het. Hy was vroeër die primêre konsultant vir die Winetech Visie2020-projek van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en is tans ‘n wynboer in die Paarl-distrik.