Pieter Hugo

Pieter Hugo was een van die debutante in Nuwe stemme 4 van 2010. Van sy gedigte het ook al verskyn in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Hy was voorheen ‘n onderwyser en ‘n gemeenskapsontwikkelaar. Hy woon tans in Kaapstad en dien op die bestuur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Pieter is die broer van die bekende digter Daniel Hugo.