SD Fourie

SD Fourie is ’n boorling van die Strandveld, die streek wat strek vanaf die mond van die Kleinrivier tot by die mond van die Breederivier. Sy is ’n toergids en besit saam met haar man die Strandveld Museum op Franskraal. Sy woon by die see en daarom is haar stories vol wind, mis en seesproei. Haar debuutroman, Die Lanternswaaier, is op RSG voorgelees en is ook in Nederlands vertaal.