Wium van Zyl

Hermans is aangewys as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu. Nooit meer slaap nie is een van sy beroemdste romans en steeds ‘n treffer. • Dit gaan om ‘n student se spannende en selfs lewensgevaarlike navorsingstog in die nagenoeg onbewoonde Finnmark, die noordelikste gebied van Noorweë. Hy slaag mettertyd daarin om die vernaamste fisieke struikelblokke te oorwin, maar die noodlot en ironie bly op sy spoor. • Die boek neem die leser na een van die onherbergsaamste gebiede op aarde asook na onverkende vlakke van die menslike gees waar vrae veel magtiger is as oplossings. • Dit is ‘n toeganklike roman met diepte, vir die fynproewer. Die vertaler, prof. Wium van Zyl, het verskeie toekennings ontvang vir sy werk as Neerlandikus en brugbouer tussen Afrikaans en Nederlands. In 2011 ontvang hy ’n oorkonde van die ATKV vir die bevordering van Afrikaans en in 2014 word die Van Riebeeck-penning deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging in Amsterdam aan hom toegeken as brugbouer tussen Suid–Afrika en Nederland.