Anna S Ahlers

ANNA S AHLLERS Is ‘n wydgepubliseerde kortverhaalskrywer en hierdie familie-sage is haar debuutroman. Haar liefde vir storie-vertel het haar genoop om baie suksesvol, verskeie skryfskole by te woon en deur die jare stories en artikels te publiseer in Sarie, Die Voorligter en VroueKeur. In 2019 is haar verhaal, “Rooi Krale vir Tembi” opgeneem in die US Woordfees- bundel ‘JONK”
en in 2020 word “Joop” opgeneem in die Croyez Literêre-toekennings se feesbundel. “Opperman se Vuurdoop” verskyn op Litnet en “Die Konsert” in die Vonkfiksiebundel van 2001. By Link FM was sy lank betrokke as aanbieder van beide Afrikaanse en Engelse programme en was ook stigterslid van die Afrikaanse Skryfkring, asook voorsitter van die East Londen Writers’ Circle in Oos-Londen. Daar is reeds talle geestelike toneelstukke deur haar geskryf,geregisseur en gechoreografeer. As genooide spreker het sy ook by die “Women in Pen” seminaar van die
Universiteit van Fort Hare opgetree. Sy is op Matjiesfontein gebore,maar het oor die hele Kaapprovinsie gewoon agv haar vader se werk en later tot in Gauteng saam met haar man. Sedert haar aftrede wy Anna al haar tyd aan skryf en navorsing
oor haar familiegeskiedenis.

Showing the single result