Bester Meyer

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna prokureur by ʼn firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger.
Bester het hom voorheen toegelê op musiek, en neem ʼn kortspeler op saam met musikant, Albert Frost, met van sy eie komposisies: “Ontmoet jou onder ʼn Harvest Moon” (2010). Die oorblyfsel van Magmoed Darwiesj (se woorde/siel) soos lewe gegee deur Breyten Breyten-bach in “Oorblysel/Voice over” het ʼn groot uitwerking op die digter en hy begin, in aanloop tot “die Testament,” van Darwiesj se werk in Afrikaans vertaal. Die vertalings sal eersdaags deur dieselfde uitgewer die lig sien. “die Testament” is die digter se debuutbundel, en hy werk tans aan ʼn Engelse herskrywing dáárvan: “Rebel Song”

Showing the single result