Churchil Naudé

Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die wat hy vertel bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.
Theunis Engelbrecht

Showing the single result