Hendie Grobberlaar

Hendie is ‘n vryskut kommunikasie en skakelwesekonsultant asook skrywer van twee self-gepubliseerde bundels (Potskerwe in 2016 en Striksvye in 2017). Sy publiseer ook in Vrouekeur, Litnet en in verskeie
saamgestelde bundels tussen 2015 en 2020. Twee verhale in Maskermense (Moltrein en Die ruimteskip) is in die Toyota US Woordfeesbundels gepubliseer. Die ruimteskip word aangewys as die wenner van
hierdie bundel.
In 2019 debuteer sy as dramaturg met Sanlam en RSG se radiodramaskryfkompetisie. ’n Tweede radiodrama, Sterrereën, wat die naaswenner was in RSG se radiodrama-kompetisie, is onlangs op dié radiostasie uitgesaai.
Sy is die ma van twee seuns en woon saam met haar man op die kusdorpie, Gouritsmond.

Showing the single result