Kolie van Coller

Kolie van Coller se lang uitsaailoopbaan van 43 jaar by radio en televisie het in 1972 by die SAUK-nuusdiens in Commissionerstraat in Johannesburg begin, hom na Hilversum in Nederland geneem tot tans in Windhoek waar hy Kosmos 94.1 gevestig het as ’n top moderne onafhanklike radiostasie met Christelike etos.
Hoogtepunte van sy loopbaan sluit die volgende in:
Aanbieder en samesteller van Afrikaanse TV-programme wat hom na o.a. Rusland, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, China, Amerika en Duitsland geneem het.
Hy was die eerste Afrikaanse televisiejoernalis wat in Afrikaans verslag doen vanaf die Rooiplein in Moskou ná die val van die Ystergordyn.
Hy was vir tien dae in 1988 ’n gas in die Vatikaan.
Hy lewer ook breedvoerig verslag in die Midde-Ooste en Israel vanaf die Golan-Hoogland.
Hy is die aanbieder en mede-regisseur van ’n program oor die Verenigde Nasies in New York.
Sy wydlopende opwindende reis om radiostasies te vestig tot vandag met Kosmos 94.1 in Windhoek.
Kolie se drie kinders is ook by die uitsaaiwese betrokke. Hy is al 37 jaar met Marlize getroud en hulle het vyf kleinkinders.

Showing the single result