
Saampublikasies
Wou jy nog altyd jou eie boek uitgegee het, maar …?
Naledi bied bekostigbare, deskundige diens en die ervaring van ’n leeftyd.
Naledi sal:
- Saam met jou die avontuur van boekmaak loop
- Jou manuskrip redigeer, proeflees en laat druk teen haalbare kwotasies
- Saam met jou ʼn omslag ontwerp wat die moeite, tyd en sorg weerspieël wat jy in jou manuskrip belê het
- Saam met jou die beste formaat en uitleg vir jou boek kies
- Saam met jou ʼn produksiepad stap en jou begelei tot by die geboorte van die beste soort produk – jóú boek
- Raad gee met die bemarking en help met die reklame
- Kan reël vir die vervoer van die volledige voorraad na jou adres toe
Wat jy moet doen:
- Stuur gerus aan ons jou manuskrip of versoek
- Besluit oor watter aspek van ons diens jy gebruik wil maak (kies enige van die punte, of kombinasies hier bo)
- Ons vra vooraf 50% deposito saam met die sluiting van die ooreenkoms. Die res betaal jy sodra jy jóú boek in die hand het. Is jy gereed vir die saam-ervaring?
Onthou: ʼn Saampublikasie is nie ʼn boek vir die handelaars nie. Dis vir jou eie behoeftes wat jy ook op sosiale media kan bemark en versprei.
Alle korrespondensie hieroor aan: info@naledi.online