Ondertussen

R240.00

ONDERTUSSEN
Met Ondertussen verras Johann Lodewyk Marais die leser met diverse temas wat wissel tussen Oos -Vrystaatse jeugherinneringe; reise en belewenisse deur Afrika en Europa; liefdesvinjette en lykdigte. Die spreker in die verse word gids en getuie van die sirkelgange van verlede en hede en lei hy die leser deur verskeie stemminge: melancholie, sensualiteit, die verlange na liefde asook skerp humor.
 
Marais is ’n digter van die oorwoë woord en dikwels word die spel met klank ingespan soos gesien in die sonore kwatryn,
 
“Ou wyn”:
In ’n welbedagte bottel rooiwyn
op die tafel het skoon sonlig verskyn,
want in elke druppel uit dié wingerd
loop ’n geheime Bolandse tydlyn.
 
Ondertussen is ’n evokatiewe bundel wat getuig van ’n berese, maar ook peinsende digterstem.

Gisela Ullyatt, digter en letterkundedosent

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ondertussen”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui