Parlement van Uile

R240.00

Parlement van uile is die debuutbundel van die wenner van die Ingrid Jonker L’Art Poètique-kompetisie van 2019. Díé bundel delf diep in rou emosies, menswees en skyn ’n lig op eksistensiële vrae oor ons verhouding tot mekaar en teenoor die liefde. Met ’n uiters moderne benadering tot poësie in sy geheel, word gedigte in die bundel in ’n oorspronklike en teatrale wyse deurgegee en daag lesers uit om sélf die betrokke emosies in die verse tot persoonlike ervarings te verbind. Die digter daag die grense van Afrikaanse poësie uit met die bundel, ignoreer reëls en kloof sy eie unieke plek in die spektrum oop.

Description

 

Hennie van Deventer

Hennie van Deventer is as ’t ware in die wieg gelê om koerant­man te wees. Voor skool al het hy aan sy Oupa Herklaas Visser se voete op die vloer Die Volksblad gelees. In 1957 word hy redakteur van sy skool se jaarblad. In 1961 volg die redakteurskap van Die Perdeby, studentekoerant van Tukkies. In sy vroeë loopbaan was hy parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur en nuusredakteur van Die Volksblad, asook eerste nuusredakteur en adjunk-redakteur by Beeld. ’n Hoogtepunt in sy eie oë was die verwerwing in 1976/77 van die gesogte Nieman Fellowship aan die Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts, VSA. In sy agttiende jaar as joernalis word hy in 1980 op 39 jaar redakteur van Die Volksblad. Ná 12 jaar aanvaar hy in 1992 die uitnodiging van Ton Vosloo om Kaap toe te kom as uitvoerende hoof van koerante. Dieselfde “drif” waarmee hy, volgens kollegas, koerant uitgegee het, het hy met hom saamgebring na sy bestuurspos. In daardie skof van sewe jaar het hy die eerste drie van sy 17 boeke gepubliseer, al drie met koerant-temas: die humor­boeke Scoops en skandes (Tafelberg, 1993) en Flaters en kraters (Tafelberg, 1996), asook die biografiese Kroniek van ’n koerantman (Tarlehoet, 1998) oor sy onstuimige 12 jaar as redakteur. ’n Vierde koerantboek sou later volg, In kamera, (Protea Boekhuis, 2003). Die Nasionale Pers het sy hoogste eerbewys, die Phil Weber-medalje, in 1997 aan hom toegeken. Vererings het ook gekom van o.m. sy skool, sy alma mater, Drukmedia SA en die Vrystaatse Universiteit. Drukmedia SA het verklaar: “Hennie holds a reputation of great stature both within the local industry and within the newspaper publishing fraternity across the globe.” Met sy aftrede in 1998 het hierdie kanniedood-koerantman hom opnuut hart en siel in sy eerste liefde gewerp, en weer begin skryf, skryf, skryf. Nie net boeke nie. Die naamlyn Hennie van Deventer duik gereeld op in Huisgenoot, Sawubona, By, Rapport en die drie Afrikaanse dagblaaie, Die Burger, Beeld en Volksblad; ook op Litnet, Netwerk24 en sy eie webblaaie. Uit hierdie laatoes van hom is die versameling in die bundel geput. Veelseggend van sy passie vir die koerant is sy eksklusiewe borgskap van die woord “koerant” by die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal). Hy borg ook die woord “joernalis” nie-eksklusief.


 

 

Please follow and like us:

Additional information

genre

Digbundels

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Parlement van Uile”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui