Haiku from the tip of Africa

(1 customer review)

R220.00

The conventions inherent in the ancient Japanese art of writing haiku, are embedded in its seventeen syllables spread over three lines. They display a poet’s imaginative wit and dexterity. Haiku capture what Gerard Manley Hopkins calls the ‘inscape’, or essence of a moment in nature.
These African haiku illustrate the power of poetry to appeal to the sensory and the cerebral. African philosophical traditions accept that the experience of wonder, reflected here, is the originating source of philosophy. In this new collection of haiku, Botswanan-born Anthea Pretorius captures a variety of precious, but provocatively sombre insights into lived life at the tip of Africa. This collaboration of Japanese word art and African wisdom will keep you spellbound.
A Haiku on Africa (p10):
Africa has time;
dollops of it. Animals
migrate, mate in shade.
Note from the poet: The pace of life in Africa is different. I cannot, with accuracy, say why. The vastness of the continent and its geographical placement may play a role. When I watch animals and the way they live at ease with the rhythms of life, it is as if time expands. People groupings who live close to nature have a timelessness about them that enchants me. In this haiku I tried to capture the natural flow of time in Africa, as it is echoed in annual migration and in procreation – the unforced rhythms of life; the natural order of things.”
Buyers of this collection will obtain free access to an audio recording via a QR code. Listen to a couple of the extracts below.

Click Here 01  https://soundcloud.com/user-883133069/01-notes-from-the-poet-haiku

Click Here 06 https://soundcloud.com/user-883133069/06-haiku-from-the-tip-of

Click Here 15  https://soundcloud.com/user-883133069/15-haiku-from-the-tip-of

Click Here 16 https://soundcloud.com/user-883133069/16-haiku-from-the-tip-of


 

Additional information

genre

Digbundels

1 review for Haiku from the tip of Africa

  1. Corrie

    Resensie in die Rapport 20 Januarie 2020 deur Prof. Joan Hambidge.

    Delikate haikoes besing Afrika
    Deur Joan Hambidge 12 Januarie 2020 00:03
    ‘Haiku from the Tip of Africa’ is ’n delikate bundel waarin Anthea Pretorius dié digvorm na Afrika transporteer om die teenstellings eie aan die vasteland onder woorde te bring, skryf Joan Hambidge.

    Haiku from the tip of Africa deur Anthea Pretorius. Uitgewer: Naledi. Prys: R220.
    ’n Haikoe is ’n tradisionele Japannese gedig wat uit drie reëls en 17 sillabes bestaan – die eerste en laaste reël beslaan vyf sillabes en die middelste een sewe.

    Dié uiters komplekse digvorm fokus gewoonlik op die natuur en die verganklikheid van alles met die kira of snypunt tussen die abstraksie en konkrete beeld. Die “mono no aware” – die skoonheid in die verganklikheid of die efemere – en die “kigo” (seisoenale woord) is eweneens aanwesig in hierdie soort gedigte.
    Onder die bekendste beoefenaars tel die Japannese Groot Vier: Matsuo Basho, Masaoka Shiki, Yosa Buson en Kobayashi Issa. Só lui ’n haikoe deur laasgenoemde, soos vertaal deur Jane Hirshfield:
    On a branch
    floating downriver
    a cricket, singing.
    Matsuo Basho het in 1686 die volgende haikoe geskryf wat sekerlik een van die bekendstes is:
    Old pond
    Frog jumps in
    Sound of water
    Ook Ezra Pound, Jack Kerouac, W.H. Auden, Seamus Heaney en vele ander het hul hand aan haikoes gewaag, en in die plaaslike Engelse letterkunde is daar bydraes deur die digter Charl J.F. Cilliers en Marié Heese. In Afrikaans het Eveleen Castelyn pragtige haikoes en tankas gekomponeer, soos dié een uit Minder as die engele (1990):
    Roosblare bêre
    hartvormig in die laaie
    die as van liefde
    Haiku from the Tip of Africa deur Anthea Pretorius is aanpassings van die haikoevorm. Haar gedigte is eerder gendai haikoe (gendai beteken modern of eksperimenteel) eerder as konvensioneel.
    Pretorius ondersoek die teenstellings van Afrika: geweld versus skoonheid; wreedhede en sagtheid. Sy transporteer dus hierdie vorm na Afrika, soos wat Cilliers en Heese reeds gedoen het.
    Pretorius is in Botswana gebore en haar gedigte word telkens met verduidelikings begelei. Sy skryf onder meer oor olifante wat algemeen in daardie landskap voorkom en die gevare wat dié diere inhou.
    Só skryf sy op bl. 26 oor ’n ronkedoor:
    With ponderous bulk
    the old bull sags in the swamp,
    here to perish soon.
    In sy bundel Karoo: Haiku Variations (2012) maak Cilliers die volgende sinryke opmerking: “In the postmodernist world of hyperactivity, the haikuesque experience is a refuge of outer-inner reflection, of acceptance of stillness, of the beauty of transient things . . .”
    En dit is presies wat Pretorius regkry, soos op bl. 65:
    On the spine of the
    mountain purple-blue, trees stand,
    tall and defiant.
    En op bladsy 64:
    Majestic snowy
    peaks persistently poke the
    panoramic sky.
    En ja, daar is ook slange waaroor gedig word – van mambas en kobras tot rinkhalse. Ook leeus, ’n meerkat en voëls, soos op bl. 40:
    Fish Eagle, your cry
    The essence of Africa!
    Echo in my soul.
    Haiku from the Tip of Africa is ’n klein, delikate bundel wat waarskynlik veral by reisigers uit vreemde lande sal aanklank vind en ’n plek verdien langs ander uitsonderlike beoefenaars van hierdie versvorm, soos neffens Hélène Kesting:
    Huisie in die reën,
    sy groen staandakkie laag
    oor sy oë getrek
    • Prof. Joan Hambidge beklee die Hofmeyr-leerstoel aan die Universiteit van Kaapstad.
    Lees die berig hier: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/delikate-haikoes-besing-afrika-20200111

  2. Estie Powell

    Hoe beskryf ‘n mens ‘n meester se werk as jy nie ‘n skrywer is met hierdie ongelooflike talent om mense mee te voer nie?
    Ek het nie hierdie digvorm geken nie totday ek hierdie skatkis ontdek het, genaamd: “Haiku from the tip of Africa”. Anthea het die vermoë om in ‘n kits jou weg te voer na haar wêreld toe.
    Sy plaas jou net waar sy jou wil hê met ‘n towerstaf van woorde. Jy ervaar alles, proe alles, ruik alles en kom verfris terug. Die groot wonder hiervan is die min woorde……dit slaan my nou nog dronk. Ek lees die gedigte oor en oor en verwonder my aan die kuns hiervan.
    Die kommunikasie is in die kol. Die ontvanger en die sender verstaan die bedoelde boodskap………..en dit met so min woorde.
    Dit leer ‘n mens om regtig te dink voor jy praat – wat ‘n mooi beginsel – jy kan met minder woorde meer akkuraat wees as jy dink oor wat jy wil sê. Hierdie is ‘n meesterstuk wat niemand moet misloop nie!
    Dankie Anthea dat jy jou gawe van bo met ons deel sodat ons Afrika deur jou kunstige taalvaardigheid kan ervaar. Jou taalfotos is onvervangbaar.
    Baie seën en voorspoed op jou pad vorentoe.

  3. Corrie Kuhn

    Ek was net vaagweg bewus van die haiku-digvorm, sonder veel belangstelling, want wat kan nou eintlik in drie reëls (met sewentien lettergrepe) gesê word?
    Toe kry ek Anthea Pretorius se “Haiku from the tip of Africa” ter insae. En ek vind sewentien lettergrepe maak opeens vir my ‘n stukkie wêreld oop, en voer my weg tot binne-in daardie stukkie Afrika-wêreld. Soos sy in haar voorwoord skryf: “……haiku…..allows me to slip beneath the sinews of my conscious mind………to lift the veil, so to speak, and to reveal a hidden beauty in very ordinary things.”
    So dig sy byvoorbeeld in nr. 5
    The rope of road curls,
    coils so far. Muscular clouds
    gather in distance
    Ek lees dit – en dan is ek dáár! In my geestesoog sien ek die pad krul en kronkel deur die Botswana-savanna, sien ek die magtige donderwolke saampak …….. Maar ek beleef ook die “wordless line” van die haiku: ek sien hoe buig die grassade in die wind, ek hoor hoe tjirp die voëls in die bome, ek sien hoe die duiker vervaard wegspring as hy vir my skrik, ek ruik die soet geur van doringboombloeisels in die wind, ek voel die klamheid in die lug voor die naderende donderstorm …………
    So vat Anthea se haiku’s jou in die hart van Afrika in – na die natuur, plante, diere en mense. Meesterlik!
    Tot groot hulp vir die leser is Anthea se kort aantekeninge aan die einde van elke gediggie: iets oor die gebeure of die plek of die dier ter sprake. Dit help jou geweldig baie om die prentjie volledig te maak.
    “Haiku from the tip of Africa” staan nie in my boekrak nie. Dit lê handuitsteek-ver op my lessenaar vir nadertrek om weer en weer te kan lees en meegevoer te kan word.

  4. Heather Neave (verified owner)

    Ek is nie normaalweg ‘n poësie-aanhanger nie, maar die ou Japannese kuns van Haiku is ongelooflik. Welgedaan Anthea, jy het my geïnspireer om voort te gaan om meer oor hierdie kunsvorm uit te vind. Wens u alle sukses toe.

Add a review

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui