Loslippig

Ian gebruik ‘n LOSLIP-onderwerp as aanknopingspunt vir elke hoofstuk, bekyk die luisteraarsopinies uit ‘n vars hoek en bespiegel dan verder daaroor. In sommige hoofstukke dien die LOSLIP-onderwerp bloot as inspirasie vir verwante vertellings uit Ian se eie ondervinding.
Die leser kry ook ‘n kykie agter die skerms in die radio-ateljee terwyl “Woordeliks” jou letterlik laat saamlees op die ateljeerekenaar.
Nie net LOSLIP se luisteraars sal LOSLIPPIG geniet nie. Dis ‘n kykie in die spieël van menswees waarin jy jouself sal herken. As jy ‘n hart het, sal LOSLIPPIG dit nie koud laat nie.
Sedert Ian die mikrofoon in die hof vir die een in die ateljee verruil het, lééf hy sy passie vir radio, woorde en mense. LOSLIPPIG is sy debuut as skrywer. Hy is getroud met Liesel en woon in Johannesburg.

Category:

Additional information

genre

Nie-fiksie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Loslippig”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui