Sondesemoer!

(1 customer review)

R220.00

Wilhelm Jordaan is ‘n ou bekende by lesers van Arikaanse dagblaaie. Hierdie bundel is ‘n keur van sy gewilde weeklikse rubrieke wat reeds die afgelope meer as dertig jaar in Beeld verskyn het. Deesdae geniet die lesers van Die Burger en Volksblad dieselfde voorreg.

Hy skryf veral oor die verhoudinge waarin ons almal ons bevind. Verhoudinge met die self, ander mense, die samelewing en helaas met die groot kosmiese misterie.

Hierdie bundel is soos ‘n oopgebreekte granaat waar die leser die skrywer se insig, wysheid, humor en deernis, pitjie vir pitjie, kan geniet.

1 review for Sondesemoer!

  1. Marié du Toit (verified owner)

    Geniet dit baie. Kan nie glo jy kan so skryf en is nog nie gekruisig nie! Verfrissend om te weet dat daar ook ander gedagtes is. Hou van jou ma se moontlikheid oor God.

Add a review

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui