Walking with Rekkie

R220.00

Dit is 2005. Jacques du Plessis, wat administratiewe werk in
provinsiale staatsdepartemente dwarsdeur sy loopbaan uitgevoer het, bring sy dae op sy kleinhoewe in Moorreesburg deur, saam met sy ma. Hy red ’n hondjie, genoem Rekkie, uit ’n teef se baarmoeder, maar kon nie die belangrike rol wat Rekkie in sy lewe sou speel, voorsien nie.
Spoedig gaan Jacques ’n donker periode in sy lewe binne wanneer sy ma se dementia vinnig versleg. Na haar dood verkoop hy sy kleinhoewe en trek na ’n voorstad van Kaapstad. Hy ontmoet dan ’n vrou van min of meer sy ouderdom, maar met ’n ander kultuur en agtergrond. Hy voel so aangetrokke tot haar dat hy haar van die begin af toelaat om by hom te bly. Dit is dalk die grootste fout van sy lewe. Traumatiese gebeure volg en die verhouding word katastrofies. Rekkie, egter, ’n hond met besonderse eienskappe en ’n hart so groot soos die oseaan, gee hom baie liefde en beskerming deur hierdie lang, pynlike reis.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Walking with Rekkie”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui