You must be logged in to post a review.
Dollars Eventualis
R225.00
AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ’n ervare en ingeligte prokureur.
DIE REG EN WETTE – is op almal se lippe, veral ná die hofsaak van Oscar Pretorius en die Konstitusionele Hof-uitspraak oor Nkandla.
RAAK HUMOR – ironiese en humoristiese, dog skreeusnaakse insidente van gebeure met gewone en soms stukkende mense.
Die SKRYWER – ’n ervare prokureur wat betrokke is by nasionale Grondreg-wetgewings. Sy loopbaan word gekenmerk deur sy passie vir die behoeftiges en mense in nood.
WARE STORIES – in en om die Hof, wat die volle spektrum van die reg dek – mense se eerlike foute en ander se oneerlike sette om die Hof te probeer bewimpel.
BELEEF – agter die kostelike stories die skerp denke van ’n mentor wat die leser saamneem en kritieke regsbegrippe leer begryp.
Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:
Kostelike leesstof vir dié wat die wet ken.
Kragtige leesstof vir dié wat in die wet belangstel.
Kosbare leesstof vir dié wat die wet nodig het.
Reviews
There are no reviews yet.