Sirkel van Noodlot

R190.00

Die Sirkel van Noodlot speel af teen die agtergrond van internasionele misdaadsindikate wat fokus op mensehandel. Tamara Brink is ’n joernalis wat veral sekskartels ondersoek. Oorspronklik van Suid-Afrika, werk sy nou vir ’n onafhanklike Britse tydskrif. Haar ondersoek lei haar na Thailand. In ’n Bangkok-bordeel ontmoet sy ’n meisie van Suid-Afrika wat as ’n seksslaaf werk. Dit bring ’n kettingreaksie mee met verreikende gevolge vir almal. Tamara keer terug na haar geboorteland om haar ondersoek voort te sit. Nie net is sy steeds in die visier van gewetenlose internasionele skurke nie, maar ’n senutergende liefdesdriehoek ontwikkel, en sy is vasgevang in die middel daarvan.


 

Description

ST Potgieter is ’n sielkundige wat in Bellville, Kaapstad, in praktyk staan. Hy is goed gekwalifiseerd en verwerf sy doktorsgraad by Unisa. Hy het verskeie boeke geskryf oor aspekte van inspirasie, wysheid, selfhelp en hoe om moeilike tye te hanteer. In sy vrye tyd hou hy van lees, fliek, teater en die buitelewe. Die liefde en trots in sy lewe, is sy twee kinders, ST en Tania.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sirkel van Noodlot”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui