Kaleidoskoop

R200.00

ISBN: 9781928530237


 

Description

KALEIDOSKOOP deur Anna S Ahlers

Die dag toe Pappie die kaleidoskoop stukkend gekap het, het ’n paar van die gekleurde skywe ver weggespat en in die lang gras gaan skuil.

Later, nadat die ouman weg was poskantoor toe, het hy die stukkies gaan bymekaar maak – ’n paar geles, ’n mooi groene en ’n klompie bloues en perses. Die res was gewone spieëltjies en hy het net ’n paar daarvan opgetel.

Maar daar was bitter min van sy droom oor.

Hy voel die hitte van daardie dag se woede deur hom spoel. Sien weer die arend teen die lug draai en die skelm blink van die paar stukkies glas in die lang gras. Dan ontspan hy.

Sy lewe was nooit heel nie. Altyd in stukke. Tronk was sy voorland – soos Pa voorspel het …

NOU gaan Schoeman huis toe.

MAAR sal hy nou die liefde en aanvaarding kry waarna hy smag, of sal hy steeds nie goed genoeg wees nie …?

KALEIDOSKOOP is ‘n historiese roman wat die verhaal van Schoeman en sy familielede vertel. Die besonderse verhaal van lief en leed sal jou as kieskeurige leser enduit boei.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kaleidoskoop”