Barmhartigheid vir duisende

R200.00

ISBN: 978-1-928530-04-6

Description

’n Familiesage uit die Sandveld

 Casey Olivier van Velddrif in die Sandveld aan die skilderagtige Weskus het alles ’n goeie man, twee suksesvolle seuns en lekker kantoorwerk by die munisipaliteit.

Dog, reeds van haar tienerjare smag sy na die groen gras aan die ander kant van die draad. Helaas ook na wat baie mense sal afkeur as onsedelikheid.

Dit lê in haar gene. Afkomstig uit die geslag van haar ontugtige oumagrootjie, Anna Smit, kan sy beswaarlik beter vaar, verdedig sy haarself .

Die roman begin in 1861, strek oor vier geslagte en eindig in 2020, die jaar van die groot Covid-19-pandemie – op ’n verrasssende hoogtepunt.

Beatrix Kotzé is ’n afgetrede onderwyseres wat woon op ’n plaas naby Aurora. Sy is liéf vir sport en musiek, maar bemín Gereformeerde kerkmusiek en koorsang met ’n passie. So ook die kultuurgoedere en die flora van die Sandveld. Sy het toegetree as beoefenaar van genealogie. Alles elemente wat sy helder verwoord in Barmhartigheid aan duisende, haar debuutroman.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Barmhartigheid vir duisende”