Drol inni drinkwater

R240.00

ISBN 9781928518853


 

Description

Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories Kroesifaaid  het Churchil Naudé hom in die wat hy vertel bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.

Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid. sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het.

Theunis Engelbrecht


Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het.

Churchill Naude’s words are like a sharp razor, that will cut through the hardest of hearts. This unique artist is not only a rapper that uses unsophisticated words to stroke his own ego, he is also a poet in his own right. His cutting social commentary does not beat around the bush and he tells the truth exactly the way he sees it. Without any excuse, without caution. His commentary is unbiased, whether it addresses white, brown, or black people. He treats everyone equally, as he himself states, he is biracial and his grandparents are both instigators and victims of Apartheid. He sees himself as an individual with an opinion, rather than someone from a specific racial group with an opinion.

 


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Drol inni drinkwater”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui