Kerk oor die muur of oor die rubicon

R240.00

978-1-928518-45-7

 


 

Description

“Wat ʼn uiters lesenswaardige boek! Getrou aan sy roeping en aard neem Frits Gaum sy leser op reis met die NG Kerk die afgelope klompie dekades. Maar hy doen baie meer as dit. Die boek is ʼn geloofspelgrimstog wat die leser nie net oor berge en dale voer nie, maar ook rig op ʼn reis na binne. Dit is ʼn tog van selfontdekking en van selfverantwoording. Die leser word as’t ware verplig om self standpunt in te neem deur oor uiters kontensieuse sake na te dink, maar – let wel – nie sonder skaamte en berou en, ewe belangrik, ook nie sonder hoop nie. Die boek is bedoel vir elkeen op watter vlak ook al wat erns maak met die pyn van mense, veral veroorsaak deur kerkbesluite van die verlede. En die Afrikaans van die skrywer is sprankelend en. kontemporêr.”


Frits Gaum is die skrywer van etlike boeke, was redakteur van Kerkbode en skriba van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Hy is een van 12 lidmate wat die NG Kerk hof toe geneem het oor die omstrede herroeping van ʼn positiewe besluit oor selfdegeslagverhoudings. In hierdie boek skryf hy oor geloof (en dink na oor wat ons deesdae glo), oor onreg (wanneer van sommige gelowiges tweedeklas-lidmate gemaak word) en oor ʼn hofsaak (as lidmate dit waag om met die kerk hof toe te gaan).


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kerk oor die muur of oor die rubicon”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui