’n Vreeslike gevloekery

R140.00

ISBN 978-1-928518-74-7

 


 

Description

Voorlees (5- tot 9-jariges) en Selflees (9- tot 12-jariges) Hierdie prettige boek propvol humor, aksie en avontuur sal lesers laat kraai van plesier. Jannes wil baie graag ’n troeteldier vir geselskap hê, maar in sy wildste drome sou hy nie kon raai dat ’n bekkige papegaai wat deur ’n seerower ontvoer is by hom sou kom skuiling soek nie. Die papegaai, ene Sampie, se maniere laat hom gruwelik in die steek en boonop vloek hy soos ’n matroos. Sal Jannes die papegaai se wettige eienaar kan opspoor voordat kaptein Rob van die Skedelskip hom teruggaps?

* Ouers kan die boek met ’n geruste hart aankoop. Dié “vloekwoorde” kan selfs voor die dominee herhaal word sonder dat Ma bloos.

Verbeeldingryke storie

Heerlike avontuur

Skaterlaghumor

Vrolike illustrasies


Heléne de Clercq is ’n passievolle Afrikaans-/kunsonderwyseres by ’n privaatskool te Malmesbury waar sy ook werksaam is as skoolbibliotekaresse. Sy sonder die verowering van berg Kilimanjaro se kruin in 2005 en haar eerste kunsuitstalling in 2011 uit as hoogtepunte in haar lewe. Haar stokperdjies is lees, skryf, skilder en fotografie. Van haar kortverhale het al in tydskrifte verskyn.

Heléne de Clercq is a passionate Afrikaans / art teacher at a private school in Malmesbury where she also works as a school librarian. She singles out the conquest of Mount Kilimanjaro’s summit in 2005 and her first art exhibition in 2011 as highlights in her life.  Her hobbies are reading, writing, painting and photography. Some of her short stories have appeared in magazines.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “’n Vreeslike gevloekery”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui