Maskermense deur Hendie Grobbelaar

R220.00

ISBN: 9781928530367

Description

Maskermense is ‘n versameling kortverhale wat poog om sin te maak uit die mens se soms dapper, soms slinkse pogings om te oorleef in ‘n wêreld van pyn en intrige, uitdagings en versoekings.

‘n Wye verskeidenheid van temas en karakters word belig. Soos ‘n tragedie in ‘n koffiewinkel; ‘n kind wat op haar pa se rug skool toe gaan te midde van bendegeweld; ‘n gesin wat normaliteit probeer handhaaf in die aangesig van die naderende dood; Wessie, ‘n emosioneel mishandelde man wat wraak neem;

‘n jong vrou wat vlug van armoede terwyl haar verlede brand soos ‘n warm konfyttertjie op haar tong; ‘n eensame bejaarde wat probeer vashou aan die werklikheid en stempels in haar paspoort; ‘n geskende wat slegs sy getroue werker en kat in sy binnekring toelaat.

Daar is egter ook ligter stories soos die nimlike Barries, ‘n ou ballie wat dink hy is baie slim…; en Vasti, ‘n ongewone meisiekind wat ‘n kêrel in ‘n kroeg probeer vind; dan is daar ou Suurpiet wat lelik op sy neus sou kyk, as hy kon sien wat Marie aanvang.

Op die ou end val die maskers af, of doen hulle?

****

Maskermense is a collection of short stories that try to make sense of man’s sometimes brave, sometimes sly attempts to survive in a word of pain, intrigue, challenges and temptations.

A wide variety of themes and characters are enlightened. Like a child going to school on her dad’s back in the midst of gangster violence; a family trying to maintain normality in the face of approaching death; Wessie, an emotional abused man that takes revenge…

There are some lighter stories too: the likeable Barries, an old man who thinks he is so clever; Vasti, an unusual girl who tries to find a boyfriend in a bar…

Sometimes the masks fall off … or do they really?


Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Maskermense deur Hendie Grobbelaar”