Eendagsblom

R220.00

ISBN: 9781928518921

Description

  • Die verhaal speel af in die tydperk 1998 tot tot 2000.
  • Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld.

Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en dié emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy ’n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry.

Hier ontmoet sy vir Armand, ’n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wie jare laas ’n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan ’n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom.

  • Die titel

Die titel dui op die vlietende aard van sommige liefdes- verhoudings, en die beduidende impak wat dit op die persoon   se lewe kan hê.

Jacques le Roux praktiseer as sielkundige in Kaapstad. Na ’n tydperk wat hy as sielkundige offisier in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gewerk het, begin hy in 1996 voltyds as privaatpraktisyn te praktiseer. Hy spesialiseer in traumaberading, asook rou- en verliesterapie. Sy debuutroman, Donker Bloeisel (Naledi), verskyn in 2019. Donker Bloeisel is tans in sy tweede druk.

*****

Jacques le Roux is a psychologist from Cape Town. After working as a psychology officer in the South African National Army, he started his private practice in 1996. He specializes in trauma therapy, as well as grief and loss therapy. Donker Bloeisel (Dark blossom) (Naledi), his debut novel was published in 2019 was and is currently in its second print.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Eendagsblom”