eBoek-Liefde in Konflik deur Louis Rautenbach

R120.00

ESBN: 978-1-928530-32-9

Description

Dit is September 1939, New Zeeland. In die doodsnikke van die pas afgelope winter en te midde van die dreigende oorlog in Europa, kom twee geliefdes vir oulaas bymekaar voordat hulle afsonderlik na die oorlogsfront sal vertrek.
Kevin Welsh, ’n voetsoldaat, en Helen Townsend, ’n mediese Suster van Tekapo, ontdek die wonder van hul liefde die aand voordat die jong man vir die oorlog moet aanmeld.
Herinneringe aan hierdie passievolle nag volg die twee verliefdes regdeur die verhaal tot aan die einde van die oorlog, waarna nuwe uitdagings hul pad weer kruis.
Lees ook oor die uitdagings en oorwinnings wat die Tweede Wêreldoorlog vir jong soldate van selfs so oud as sestien ingehou het.
Na deeglike navorsing is fiktiewe karakters in sekere konfliksituasies geskep, en bied hierdie omgewing waarin die verhaal afspeel baie uitdaging wat te midde van lief en leed ook uithouvermoë verg. Feite is met fiksie gemeng sodat die verhaal heerlike leesgenot sal verskaf.

****

It is September 1939, New Zealand. In the death traps of the past winter and in the midst of the impending war in Europe, two loved ones gather for old time’s sake before they will leave separately for the war in Europe.
Kevin Welsh, an infantryman (soldier), and Helen Townsend, a medical Sister of Tekapo, discovered the wonder of their love the night before the young man should report for  joining the war. Memories of this passionate night follow the two loved ones throughout this story until the end of the war, after which new challenges in the midst of love and sorrow cross their way again.
The reader will also experience the challenges and victories of World War II for soldiers as young as sixteen, and medical staff.
After thorough research, fictional characters were created in certain conflict situations, offering this environment in which the story plays down a lot of challenge that requires endurance through love and grief. Facts are mixed with fiction so that the story will provide enjoyable reading pleasure.


Louis Rautenbach is ’n skrywer met verskeie romans op sy kerfstok waarvan vyf ook in Engels beskikbaar is. Hy kry dit reg om verskillende genre te gebruik en fokus veral emosies om die verhale toe te lig. Louis het al dertien boeke geskryf waarvan sommige sover as New Zeeland, Holland, Pakistan en in Kanada gelees is. Louis se dertiende boek is getiteld Liefde in Konflik.

Sy mees aangename herinneringe uit sy kinderjare was tot sy sewende jaar op Mkuzi, aan die voet van die Lebomboberge in die noorde van Kwazulu Natal waar hy dikwels in die berge en klowe, langs die bergstrome en riviere rondgedwaal en soms in sy eie droomwêreld verlore geraak het.

****

Louis Rautenbach is an author who already published various novels He succeed in articulate stories through different genre and uses emotions to highlight the core of the stories. He has written several books that have been read as far as New Zealand, Holland, Pakistan and in Canada.

His fondest memories from his childhood were until his seventh year at e’Mkuzi, at the foot of the Lubombo Mountains in northern Kwazulu Natal where he often wandered in the mountainsand gorges, along the mountain streams and rivers and sometimes got lost in his own dream world. His thirteenth book is titled Love under Fire.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “eBoek-Liefde in Konflik deur Louis Rautenbach”