Die Blink Idee

R140.00

ISBN 978-1-928518-69-3

 


 

Description

Hierdie verbeeldingryke fantasieverhaal is ‘n perfekte voorleesboek. Die humoristiese en klankryke teks sal kleuters vasgenael laat luister na die heerlike avontuur wat ’n draak en ’n feetjie saam beleef. Die kleurvolle illustrasies is boonop ’n lus vir die oog en sal die jongspan laat kraai van plesier.

Uittreksel:

“O gonna, hou vas!” roep Drakon benoud. “Ek wil nies!”

Lente hou styf vas. Sy knyp haar oë toe.

Hier kom dit nou! Die grootste, natste nies ooit!

“Atiesjoe!”

 

Reaksie op die boek:

“Oorspronklik en kleurvol. Die blink idee sal kinders vir lank laat dink en droom.” (Hugo de Wet, kinderboekskrywer)

Die blink idee is ’n prettige storie wat kinderharte sal laat jubel van lekkerkry. Verder sal die vrolike illustrasies tot ure se droomgenot lei.” (Antoinette Venter, kinderboekskrywer)


Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en –taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Haar boekresensies verskyn gereeld op Maroela Media en ander publikasies en kan ook oor die radio gehoor word. Louise glo dat stories van die wêreld ’n beter plek maak.

Haar vorige kinderboek is getiteld Bibi Babbelbek praat tot sy blou word.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Blink Idee”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui