Op Pad

R220.00

ISBN: 9781928518662


 

Description

Dr. Piet Müller is soveel meer as net ’n baanbreker van nuwe, ontdekkende en skeppende spirituele denke in Afrikaans. Hy is ook ’n brugbouer en rigtingwyser vir baie as dit kom by die verstaan en ontsluiting van ou wysheidstekste vir nuwe generasies. Hierdie nuwe boek van hom is ’n juweel en ’n onmisbare reisgenoot!

– Dr Abel Pienaar (Filosoof, skrywer en digter) Boeke:  “God sê oë is Blou” en Afrikaanse vertaling van “Tao Te Ching”

Piet Muller myn die antieke en mistieke wortels van godsdiens, asook die moderne sielkunde, om ’n aangrypende prent te skets van hoe ’n spiritualiteit vir die 21ste eeu kan lyk. Enigeen wat ’n spiritualiteit met sowel diepte as relevansie nastreef, behoort van hierdie boek kennis te neem.

–  Johannes de Villiers, skrywer van  “Kalmte in die Malle Gejaag”  en “Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe”.


 

Dr. Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek “Die Nuwe Hervorming” en van “Kom ons Bid.” Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het “Die Evangelie volgens Jesus” verskyn.

Op Pad  is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Op Pad”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui