Sale!

Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse

R219.00 R5.00

Description

Die inspirasie vir sy boek het hy op die eiland Malta gekry en  waar hy met Jahwe begin korrespondeer en 11 briewe aan hom geskryf het. Malta se geskiedenis word gekenmerk deur gewelddadige oorloë waar mense mekaar doodgemaak het in die naam van godsdiens.

Ook ander gebeure op sy lewensreis het sy godsbeeld dramaties verander.

Mense se godsbegrip het deur die eeue heen geëvolueer en ook sy eie godsbegrip het oor die jare wesenlik verander.

Vandag beskou hy “God” as ’n  metafoor vir die Onsienbare wat mens nie in woorde of dogmatiese geloof kan omskryf nie. Dit is nie vir hom belangrik om God as ’n persoon te sien nie. As ander mense hieroor met hom verskil, is dit goed so en hy respekteer dit, maar hy tree nie meer in debat daaroor nie. Dis húlle saak.

 

Willem Petrus “Willie” Esterhuyse is ‘n emeritus professor in filosofie en bedryfsetiek aan die Universiteit van Stellenbosch, ‘n rubriekskrywer en kritikus van die stelsel van Apartheid.


 

Please follow and like us:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse”