Wat jy glo sal gebeur

R139.00

Jy sou dalk al gewonder het waarom sekere mense soveel meer geluk, energie, respek en sukses in die lewe as ander ervaar? Is hulle met meer gawes en talente gebore? Of het dit dalk te doen met die omgewing waarin hulle grootgeword het? Of hulle IK? Baie mense glo dat hierdie dinge `n voorvereiste is om suksesvol te wees. Maar dit is glad nie `n waarborg vir sukses nie.
Die waarheid is dat suksesvolle mense anders dink. Hulle omstandighede is dieselfde, maar hulle “kyk” anders daarna. Hulle “sien” iets anders en dan dink hulle anders daaroor.
En die oomblik wanneer hulle anders daaroor dink, kry hulle `n ander realiteit. Die lewe vlieg sekonde vir sekonde verby. Waarom sal jy die wonderlike lewe wat jou Maker vir jou op aarde wil hê uitstel? Dit is nou jou tyd. Jy lewe nou. Maak vandag die dag waar jy gaan begin bou aan ‘n lewe wat legendaries gaan eindig!
“Hierdie boek kombineer radikale denke, insig en lewenswysheid wat aan die leser ‘n kragtige, doelgerigte kompas gee om sy lewenspad te navigeer. Die skrywer bring die twee uiteenkopende wêrelde van die wetenskap en oer-oue Bybelse waarhede bymekaar om die skeppingswonder op ‘n indrukwekkend logiese manier oop te breek”. ~ Mary-Ann Prinsloo

Out of stock

Additional information

genre

Nie-fiksie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wat jy glo sal gebeur”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui