Marionette

R220.00

Na dertig jaar se getroude lewe staan Willemien Niemann voor ’n kruispad-keuse: moet sy getroud bly ter wille van haar kinders en haar erfgrond, of moet sy skei. Kan sy op haar eie oorleef nadat Neels haar selfrespek en mens­waardigheid met manipulasie en emosionele teistering uitgewis het en daar niks oor is van haar ou self nie? Sy probeer sin maak waarom sy dit toelaat, hoe sy hier beland het, wat haar aandeel in sy woedebuie is. Is hy wat hy is as gevolg van haar? En waarom kan sy nie net voet neersit en sterk staan nie?
Binne een seisoensirkel van die druif en met die hulp en ondersteuning van Lea, haar huishulp en kleintyd-speelmaat, kom sy tot die insig dat sy nie ’n willose slagoffer van die lewe of die natuur is nie, maar iemand wat self ver­antwoordelik is vir haar keuses – ook die gevolge daarvan. Maria se gesegde dat “mossies nie die vinkies kan help om nes te bou nie, al sukkel die vinkies hoe”, geld nie meer nie. Geen mens is ’n eiland nie en as sy opkyk, sien sy die genadehande wat haar elke dag dra.
Marionette gaan oor die emosionele aftakeling en mishandeling wat daag­liks in ’n mindere of meerdere mate in huishoudings afspeel – ongeag kleur, kultuur, godsdiens of finansiële status.

Out of stock

Category:

Additional information

genre

Fiksie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Marionette”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui