Ontmoeting met Heiliges

R189.00

Hier het jy nou ’n skatkis in jou hande! 58 stories oor mense wat ’n besondere begrip van die evangelie weerkaats. Ontmoeting met heiliges stel die leser voor aan ’n wye verskeidenheid gelowiges, oor die eeue heen en uit alle Christelike tradisies. Innemende stories bring jou van aangesig tot aangesig met die persoon agter die verhaal, aangesien die skrywer nie die sogenaamde heiliges verheerlik nie, maar eerder beskryf as gewone mense met gewone menslike eienskappe. Hierdie boek sal jou wortels in die breedte en rykdom van die Christelike tradisie verdiep.
~ Willem Nicol
Deur die verhale van vroue en mans wat deur die eeue na aan God geleef het, oor te vertel, verbreed en verdiep Lisel Joubert haar lesers se perspektief op die onuitputlike rykdom van die Christelike erfenis. Terwyl heiligheid verrassende nuwe, alledaagse gestaltes aanneem, help die boek lesers om ’n taal van hoop en vreugde te vind waarmee ook húlle verhale beskryf kan word. ’n Nugter en ryk geskakeerde bydrae tot geloofsvorming – ek kan nie wag om dit met studente te deel nie!
~ Elna Mouton, professor in Nuwe Testament en
voormalige dekaan, Fakulteit Teologie, US

Out of stock

Category:

Additional information

genre

Nie-fiksie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ontmoeting met Heiliges”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui