Viva la Vicki
Vicki is ’n moderne Viking! Soos die TV-karaktertjie wat telkens in moeilike omstandighede ’n oplossing bereik, het hierdie jong vrou elke nuwe uitdaging wat die lewe voor haar kom neersit het, beskou as net nog ’n hekkie waaroor sy moes kom. Haar geloof in God, gekoppel met ’n geestelike taaiheid waarop ’n ratel trots sou wees, het van elke struikelblok ’n geleentheid gemaak. Natuurlik was daar tye dat sy mismoedig was – en daaroor is sy pynlik eerlik in hierdie boek – maar telkens het sy krag ontvang om weer op te staan en te lewe! Sy leef elke dag voluit en nooi lesers uit om hulle eie gawes raak te sien, uit te leef en ten spyte van donker dae te besef: die lewe is mooi – leef voluit!
Al het Vicki ongeveer 97% gehoorverlies, het sy van kleins-af geleer hoe om soos ’n horende te praat, asook om liplees te bemeester.
Reviews
There are no reviews yet.