Wat de Joost!

R120.00

Joost Wilfried Dirk Pyck is gebore in Gent op 25 Maart 1955 wat eintlik 25 April moes wees. Hy arriveer een maand te vroeg omdat sy moeder, toe net terug van die dokter, tussen vegtende studente moes deurkom. Die een groep was Vlaamse nasionaliste en die ander was anti-Vlaams. Net daar het hy sy opwagting gemaak. “Ek wou help om die regte Vlaminge te help,” reken hy graag.
Sy ouers is Wes-Vlaminge uit Brugge waar hy in sy vroeë jare gewoon het, daarna weer in Gent en later In Oostende aan die see. In1974 het hy vir drie jaar by die Belgiese Valskermkommando aangesluit. Later het hy as skrynwerker-meubelmaker begin werk terwyl hy aandklasse in beeldhou gevolg het en nog later homself bekwaam as klipkapper (natuursteenbewerker).
In 1993 beland hy in Suid-Afrika, eers in die Noord-Kaap, maar verhuis later na Klapmuts waar hy vorder tot meester-klipkapper. Hy, sy vrou Marie en hul Russiese Ural-syspanmotorfiets bly op ’n kleinhoewe, loopafstand van die Klapmuts-hotel af, waar jy hom (en Marie) meeste Vrydagmiddae sal kry met ’n welverdiende bier in sy hand en skuim op sy weglêsnor.
Hy bly trots Vlaams, maar is terselfdertyd ’n vurige kampvegter vir Afrikaans. Hy verwoord daarom ook graag sy stories in Afrikaans, gesout en gepeper met korrels Vlaams tussenin. Die Vlaminge is bekend vir hul vele dialekte. Joost s’n is absoluut uniek.

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wat de Joost!”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui