Potgooi-Netradiosa-Boekvoorlesing uit Kleur my Lewe my Lied-deur Amos van der Merwe

Potgooi-NetradioSA-Voorklesing uit Kleur my Lewe my Lied-deur Amos van der Merwe-deur Fanie Cronje in sy program Boeke, Skrywers, Digters en Dinge aangebied deur Naledi en Fanie elke Dinsdag om 11:00 (CAT)

luister weer …

Klik hier om te koop:

eboek  R120.00 

 

Die boek is uit druk kontak Tertia by tertia@naledi.online vir ‘n kwotasie om die boek te laat druk alternatiewelik koop die eboek.

 


 

Potgooi- Netradiosa- Onderhoud met Koos Kombuis- Sushi met Hitler

Potgooi- NetradioSA-Onderhoud met Koos Kombuis – oor sy boek Sushi met Hitler deur Fanie Cronje in sy program Boeke, Skrywers,Digters en Dinge aangebied deur Naledi en Fanie elke Dinsdag om 11:00 (CAT)

Klik hier om te koop:

eBook English R120.00

Printed Book English R200.00 

luister weer

Joe Kitchen describes Sushi with Hitler as a “burlesque fantasy”. It is a delightful satire, written in Douglas Adams’ style, that pokes fun at everything but the kitchen sink. The author describes the book as “completely irrelevant” and its beauty lies precisely in the escape it offers from everyday problems.

It questions the status quo on just about everything and none of society’s holy cows remain untouched. Be prepared to be treated to a myriad of intertextual jokes, involving everything from classical literature to pop music.

****

Joe Kitchen beskryf Sushi with Hitler as ’n “burleske fantasie”. Dit is ’n prettige satire, geskryf in Douglas Adams se styl, wat die spot dryf met alles en nog wat. Die outeur beskryf die boek as “heeltemal irrelevant” en die skoonheid daarvan lê juis in die ontsnapping wat dit bied van alledaagse probleme. Dit bevraagteken die status quo van feitlik alles en geen-een van die samelewing se heilige beeste bly onaangeraak nie. Lesers kan ’n magdom intertekstuele grappe verwag wat alles van klassieke literatuur tot popmusiek betrek.


 

Potgooi- Netradiosa-Boekvoorlesing uit Die Land Brand deur Susan Fourie

Potgooi-Netradiosa-Boekvoorlesing uit Die Land Brand deur Susan Fourie 2 Maart 2021 deur Fanie Cronje in sy program Boeke, Skrywers,Digters en Dinge aangebied deur Naledi en Fanie elke Dinsdag om 11:00 (CAT)

luister weer…

DIE LAND BRAND deur Susan Fourie

R220.00

ISBN: 978-1-928518-83-9

Covid-19 kry die wêreld in sy mag en groei tot ’n orkaan van ongekende omvang. Almal is saam in die storm, maar in verskillende bootjies. Sommige is eensaam en alleen in ’n bootjie; in ander bote is daar te veel mense vir die beperkte ruimte. Mense raak benoud. Benoude katte maak benoude spronge. Wanneer die lewe jou uit die bekende grond van ’n bepaalde bestaan ruk en sonder waarskuwing op ’n onbekende plek laat val, kan jy uithaak. Dan begin dinge komieklik raak. ’n Bevolking in huisarres – gevangenes sonder ’n misdaadrekord. Terwyl die misdadigers op vrye voet is – besig om die septer te swaai en die land te verwoes. Verskroeide aarde onder kwarantyn. Honger mense se kos word gesteel deur dié wie se spense oorvol is. Mense wat absurde wette oortree, kry ’n misdaadrekord. Vir party word dit pikker as pikswart; ander strek hulle hande uit om elke nuwe dag te omhels. Hierdie boek kyk na dit wat as buite-normaal, skokkend, tragies, ongemaklik of komies ervaar is in die ses maande vanaf vlak vyf tot vlak een van die pandemie.

Klik hier om te koop

Boeke, Skrywers,Digters en Dinge deur Naledi en Fanie 2021-03-02 Die Land Brand deur Susan Fourie