Amore Bekker

//Amore Bekker

Amore Bekker is ‘n Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, skrywer, MC en rubriekskrywer. Sy is tans die gasheer van Tjailatyd, ‘n Afrikaanse radioprogram uitgesaai deur RSG die Afrikaanse Radio Diens van die SAUK. As skrywer het Bekker haar eerste kookboek (Tjailaresepte) gepubliseer in Junie 2010 deur Naledi. Vanaf Julie 2010 skryf sy ook ‘n kolom vir die Afrikaanse vrouetydskrif Finesse.