Annelie Botes

//Annelie Botes

“My dinkgoed het deurmekaar geraak,” sê Annelie Botes.

’n Aantal jaar gelede het ’n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was ’n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy kén: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak.

Tussenin lees ons ook hoe die tóé al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriël aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg dié twee saam.

Swart op wit nooi die leser op ’n sonderlinge reis van liefde, smart en boetedoening.