Christine Barkhuizen Le Roux

//Christine Barkhuizen Le Roux

Christine Barkhuizen le Roux woon op ’n plaas naby Barrydale in die Klein-Karoo, ’n omgewing wat ook neerslag kry in haar skeppende werk. Sy debuteer in 2000 met die digbundel dimensie; ’n tweede bundel, roset, verskyn in 2006. Met haar eerste roman, Padmaker (2010), steek sy ’n stewige kleim af in die Afrikaanse prosawêreld en volg dit op met Getuie (2012), gebou rondom die uitwerking van geloofsfanatisme op ’n jong kind. Barkhuizen le Roux het ook twee bundels kortverhale gepubliseer: Waar koek en wyn ontbreek (2006) en Wat die oog gesien het (2006).