Eugene Eloff

//Eugene Eloff

LOFFIE ELOFF betree die professionele rugby-arena in 1998 as afrigter van die Leeus-o.21’s, brei die Cats-o.21’s, Leeus se Vodacom-span en die Bababokke wat die Wêreldbeker twee keer wen. In 2005 word hy hoofafrigter van die Leeus se Super 14- en Curriebekerspanne. Daarna baat die Boland-Kavaliers by sy dienste.

Van ons land se top-Springbokke is deur Loffie afgerig, onder meer Willie le Roux, Cornal Hendriks, Lawrence Sephaka, Conrad Jantjes, Bryan Habana, Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Frans Steyn, Pierre Spies en Chilliboy Ralepelle.