Eugene Marais

//Eugene Marais

Die skrywer se regte naam is Eugene Marais.
Hy is nie verwant aan die laat digter en skrywer
Eugène Nielen Marais nie. Hy is gebore in Tuine,
Kaapstad, in 1953 en hy en sy twee broers het
in ‘n middelklas familie in Goodwood, Kaapstad,
opgegroei. Hy het ‘n BA-graad aan die Universiteit
van Suid-Afrika verwerf en het administratiewe werk
in provinsiale staatsdepartemente dwarsdeur sy
loopbaan uitgevoer. Hy was ‘n Hospitaalsekretaris
by ‘n plattelandse staatshospitaal vir nege jaar voor
sy bedanking in 2004. Skryf is sy passie, en hierdie
boek, wat ‘n ware verhaal is, is sy debuut. Hy woon in
Bettiesbaai.