Hans du Plessis

//Hans du Plessis

Hans du Plessis verwerf in 1975 ’n doktorsgraad
in Afrikaanse taalkunde aan Unisa. Sedert 1981 is
hy professor vir Afrikaans en tree einde 2011 af as
Direkteur van die ATKV-Skryfskool van die NWU. Hy
was tot onlangs ’n navorsingsgenoot aan die NWU. Hy
debuteer in 1978 as skeppende skrywer. Daarna verskyn
nog ses digbundels, dertien prosawerke en verskeie
verhoogstukke. Hy ontvang onder andere die CR
Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys,
’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie en die
CBSA-prys vir Christelike literatuur. Hy is getroud met
Magdaleen Potgieter en hulle het vier getroude seuns
en nege kleinkinders.