Hennie Smith

//Hennie Smith

Hennie Smith het ‘n navorsingsloopbaan in fisika gevolg in Suid-Afrika en by tye in Parys en in Grenoble in die Franse Alpe. Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom ‘n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Naledi publiseer sy debuutdigbundel Multivers in Oktober 2016. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike vind aanklank by Goethe wat in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer. ‘n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie.