Joubert Odendaal

//Joubert Odendaal

Die skrywer, Joubert Odendaal, is op Kroonstad gebore en het daar grootgeword. In 1988 vestig hy hom in Pretoria nadat hy sy diensplig voltooi het. Hy het ’n aantal jare as prokureur gepraktiseer nadat hy sy regsgraad verwerf het, waarna hy ’n loopbaanskuif na die korporatiewe wêreld gemaak het. In sy vrye tyd speel hy gholf, reis ook graag en het ’n passie vir blokkettingtegnologie. Rookskerm is sy debuutroman.