Mariza van Zyl

//Mariza van Zyl

Mariza van Zyl (B.Sc.Dieetkunde, Universiteit Stellenbosch) is ’n geregistreerde dieetkundige en lid van die Vereniging van Dieetkundiges in Suid-Afrika (ADSA). Bykomend tot haar professionele kwalisifikasie as dieetkundige is sy ook gekwalifiseer as Spesialis Kinesioloog en is ’n geakkrediteerde Nutrigenomiese Praktisyn. Sy het uitgebreide praktiese ondervinding van onder meer kliniese, terapeutiese- en gemeenskapsvoeding sowel as produkontwikkeling en daarstelling van gesondheidstrategieë.  Haar rol as konsultant – onder meer vir markleiers in die voedsel, gesondheid – en media bedryf (byvoorbeeld Woolworths, Sarie Tydskrif, Medscheme) het bygedra tot unieke insig en ondervinding as voedingkundige.  Haar passie bly egter om gewone mense te besiel om gesonde en gebalanseerde lewens te lei.  Sy deel graag haar spesialiskennis deur middel van gereelde rubrieke in die media waaronder tydskrifte, blogs, radio en ’n webruimte. Mariza is stigter van BeterEet ( tm ) en praktiseer in die Paarl.